🌿 BOEREKOS WOENSDAG IS TERUG
🌿 BOEREKOS WOENSDAG IS TERUG — EN VOORBESTELLINGS IS NOU OOP! 🌿
Ons wil eers net ’n groot, opregte DANKIE sê aan elkeen van ons gereelde kliënte wat hierdie maand saam met ons volgehou het. ❤️ Dit was ’n rowwe maand, en ons waardeer julle begrip vir die dae wat ons spyskaarte later as gewoonlik verskyn het, asook die kere wat daar minder nuwe kos en soetgoed in die winkel was terwyl ons alles weer aan die gang gekry het.
Maar nou kan ons met ’n groot glimlag sê: ons is 💯 terug! 🎉 Met ’n nuwe oond 🔥, vars energie en ’n hernude liefde vir lekker kos is ons reg om weer behoorlik te kook.
En wat is ’n beter manier om terug te wees as om môre terug te gaan na ons wortels — ons oorspronklike Woensdag-boerekos! 🇿🇦
Môre se bord is propvol daardie lekker, eenvoudige huiskos waarvoor mens lus raak:
🍗 Stadig-geroosterde hoender
🥬 Boereboontjies met skaapstert
🥕 Soutwortels
🥔 Groot oondgebraaide aartappels
🎃 Pampoenkoekies
🍚 Rys in ’n pot (en ja, ons erken dit… die rys was soms ’n bietjie wisselvallig 🫣😂)
Maar omdat julle ons deur die moeilike maand ondersteun het, wil ons ietsie ekstra doen: elke bord kry môre ’n mini-malvapoeding op die huis! 🥹❤️
R100 per bord.
Ons hou die hoeveelhede doelbewus beperk sodat ons steeds kos kan maak wat daardie egte, vars huiskosgevoel het — nie massaproduksie nie, net lekker kos soos dit hoort. ❤️
📲 Plaas jou bestelling vooraf om teleurstelling te voorkom:
WhatsApp 066 217 9251
Ons is terug, die nuwe oond is warm, en môre ruik Lip-Lek-Lekker weer behoorlik na BOEREKOS! 🌿🍲❤️